
28K
Downloads
90
Episodes
Jaco Strydom gesels met kerkmense en ander vreemde wesens oor eienaardige dinge . . . Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin en wit en swart, mooi en lelik, goed en sleg - en iets tussenin. In die woorde van Diane Ackerman: ‘It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.
Jaco Strydom gesels met kerkmense en ander vreemde wesens oor eienaardige dinge . . . Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin en wit en swart, mooi en lelik, goed en sleg - en iets tussenin. In die woorde van Diane Ackerman: ‘It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.
Episodes

Sunday Mar 15, 2026
Jaco Strydom with Mike and Megan Ribbens
Sunday Mar 15, 2026
Sunday Mar 15, 2026
20 years ago they moved from the USA to Africa . . .
“I enjoy God's abundant goodness in South Africa through great people, majestic landscapes and animals, and top-tier food, wine, and coffee. I am recharged by a meaningful conversation, trying a new vibey restaurant, and having a braai with friends as well as strangers,” says Mike . . .

Friday Feb 13, 2026
Jaco Strydom gesels met Sané Leach
Friday Feb 13, 2026
Friday Feb 13, 2026
“Waarom doen jy dit?” vra ’n besoeker. Sy was ’n welaf vrou, onthou ek, uit die Ooste van Pretoria. En ’n mens kan haar vraag verstaan. Dit was waarskynlik moeilik om te glo dat iemand doelbewus sal kies om die tipe lewe te leef . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Monday Jan 19, 2026
Annatha Nel is dominee weerskante van die Oranje
Monday Jan 19, 2026
Monday Jan 19, 2026
Annatha is ’n besige dominee en ’n entrepreneur. Sy het onder andere ’n skoenwinkel, Voetspore van Hoop, en haar man boer . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Monday Dec 01, 2025
Hendrico Ockhuys se bediening in Ysterplaat
Monday Dec 01, 2025
Monday Dec 01, 2025
Hendrico Ockhuys is deesdae ietwat van ’n legende in die Kaapse kerkomgewing, ’n mens loop hom orals raak.
“Ek woon in Ystrplaat by Isibindi. Ons “huis” is uniek want dit is gebou op die verhoog van die kerksaal, my kamer is agter die verhoog in die aantrek kamers — omdat ek te dramaties is om op die stage te bly,” lag hy.
Hy is ’n leier by die koshuis op die terrein vir jongmense in nood, help by die nasorg-projek en is verantwoordelik vir die hawelosebediening. Onder andere. Henrico is ’n besige man . . .

Monday Nov 17, 2025
Sanré Benadé, die dominee wat groot dinge met min regkry
Monday Nov 17, 2025
Monday Nov 17, 2025
Die vroeë kerk het die gawe gehad om baie te doen met min, en dis iets wat die groter kerk vandag ook by Sanré Benadé kan leer . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Saturday Oct 18, 2025
Zakhe Mazibuko: Preacher, Let My People Go!
Saturday Oct 18, 2025
Saturday Oct 18, 2025
Jaco Strydom talks to Zakhe Mazibuko about his interresting life and the new book on church and money that caused a stir amongst pastors . . .

Monday Sep 15, 2025
Lizelle de Bruin, die mens agter die stem op RSG
Monday Sep 15, 2025
Monday Sep 15, 2025
Lizelle de Bruin “bedien” tot 450 000 mense op ’n slag. Praat van ’n groot gemeente! Gewoonlik is sy aan die ander kant van die mikrofoon. Die keer kon ek die vrae vra. Ons gesels oor haar eie pad, radiojoernalistiek, haar liefde vir kuns en skryf, die kerk, die media en ’n hele lot ander goed.
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Monday Aug 18, 2025
Die drie passies van Nico Smit
Monday Aug 18, 2025
Monday Aug 18, 2025
Verbeel ek my of ervaar ’n al groter groep van my dominee-vriende deesdae ’n roeping van die Here Europa toe? Of na Kaapstad? En jy is reg, wie is ék om te oordeel. Ek self het al menigmaal gebid, Here stuur my asseblief na een of ander mooi plekkie in die berge of langs die see!
Toe Nico Smit agt jaar gelede die roepstem hoor, wie sal Brakpan toe gaan? Het hy geantwoord: Hier is ek Here stuur my.
“Ek woon in Brakpan. En kom ek sê sommer reguit: al daardie grappies wat mense maak, is nie waar nie . . .

Saturday Jul 12, 2025
Jaco Strydom gesels met Reggie Peace
Saturday Jul 12, 2025
Saturday Jul 12, 2025
Gee ons meer vredemakers soos Reggie Peace!
Meeste Suid-Afrikaners ken Reggie Peace as akteur en sanger. Maar hy word toenemend ook geken as skrywer. Sy eerste draaiboek is in 2021 verfilm en hy het ook al verhoogstukke geskryf. Sy boek, Vredemaker, het pas die lig gesien.
En Vredemaker is ’n goeie titel, want Reggie het ’n manier om die vreemdste mense bymekaar te bring . . .

Tuesday Jun 17, 2025
Nic Grobler se beelde vertel stories
Tuesday Jun 17, 2025
Tuesday Jun 17, 2025
. . . Nic is soos ’n ontdekkingsreisiger en hierdie is net een van die vreemde reise van verwondering waarop sy beelde hom geneem het. Elke beeld het ’n storie.
Oor en oor vertel hy hoe hy die Here se hand, nie net in die oorspronklike inspirasie nie, maar ook in die proses van die maak van ’n betrokke beeld ontdek. Al dikwels sou ’n beeld wat breek of in sy oë aanvanklik misluk, hom na ’n nuwe, beter plek lei . . .

Monday May 19, 2025
Jaco Strydom gesels met Len Muller
Monday May 19, 2025
Monday May 19, 2025
Jare later hoor ek Len Muller en Steff Bos se verwerking van Sarie Marais op die radio en gooi amper die kar om. Die ou se droom het waar geword, het ek gedink en gewens ek kan hom high-five . . .

Tuesday May 13, 2025
Ivor Swartz en Jaco Strydom oor Eendag Is Te Ver
Tuesday May 13, 2025
Tuesday May 13, 2025
Ivor Swartz en Jaco Strydom gesels op Netwerk24 oor ’n hordes dinge, o.a. jeugbediening, moeilikheid in die nuus, die kerk en die nuwe boek, Eendag is te ver ...
Borg 'n bed in een van die Echo-huise

Sunday Apr 13, 2025
Jaco Strydom gesels met Ashe Steenbok
Sunday Apr 13, 2025
Sunday Apr 13, 2025
“Hoe word jy toe ’n Anglikaanse priester?” vra ek.
“Wel, toe gebeur God!”sê hy.
Hy vertel van die groot indruk wat die woorde van ’n ryloper op sy lewe gemaak het. Die ou het gegroet toe hy hom aflaai en gesê: “So terloops jy doen nie wat jy veronderstel is om te doen nie.”
Hy het die vreemdeling op die snelweg opgelaai maar die ou het toevallig net twee strate van sy tannie af gewoon.
“Tien uur daai aand kon ek nie ophou dink aan daai man se woorde nie . . .

Monday Mar 17, 2025
Jaco Strydom gesels met Gerald Kamfer
Monday Mar 17, 2025
Monday Mar 17, 2025
“My wêreld het in duie gestort. Ek het net by myself gedink, ek gaan my vrou verloor, ek gaan hierdie rots waarop ek tans staan verloor. En toe, vir so vir ’n wyle, vergeet ek van Jesus, die eintlike rots is in albei van ons se lewens. Vir ’n wyle het ek gesê, Here wat is U besig om te doen. Ek is dan die een wat verkeerd was, die een wat in die wrong was, en nou gebeur dít met my vrou? Wat gaan hier aan? En ek het dit hard en duidelik gehoor, die woorde: ‘Gerald, it’s not about you!’
Dit was ’n moeilike duur tyd. Maar dwars deur Gerald se storie loop die goue lyn van mense wat God oor sy pad gestuur het . . .

Monday Feb 17, 2025
Jacques De Villiers van Joshua na die Reën
Monday Feb 17, 2025
Monday Feb 17, 2025
Jaco Strydom gesels met Jacques De Villiers van Joshua na die Reën
“In graad drie het my ma my eerste kitaar les geboek en toe later vir my ’n keyboard gekoop. In die hoërskool het ek ’n band begin. Dit was uit en uit ’n Worship band met die naam Sovereign, en ons het gesuck!”
Hy, sy vrou Danél en hulle drie kinders woon op ’n plaas tussen Johannesburg en Parys — waar hy geword het. Baie het verander van daardie eerste orkes op skool . . .
Bookings: yolandi@jndr.co.za
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Monday Jan 13, 2025
Lerisa Meyer oor die see en die kerk en die dieper dors
Monday Jan 13, 2025
Monday Jan 13, 2025
“Ek en Handré bly in Uvongo met ons twee hondekinders, Leo en Teddie,” sê sy en vertel hoe hulle in 2020 van Pretoria as see toe getrek het. Dit was wonderlik en rof. Sy en Handré was pas gertoud en hy het kort daarna Covid gekry. Handré het ook teologie geswot. Hy vandag ’n onderwyser en help dikwels met preekbeurte in die gemeente . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Monday Nov 25, 2024
Jaco Strydom gesels met Erick van Breda oor ou ysters en kerkmense
Monday Nov 25, 2024
Monday Nov 25, 2024
Na skool het ek letterlik alle tipe besighede probeer terwyl ek swot. Van ń karwas, tot drom dienste, van besproeiing installeer tot groente verkoop — noem dit en ek het dit probeer! Vandag is ek mede-eienaar van twee suksesvolle besighede in die skrootmetaal bedryf en ek dank die Here vir alles wat ek geleer het uit my vorige probeerslae,” sê Erick van Breda wat onlangs bevestig is as diensleraar by NG Florauna in Pretoria . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Friday Nov 08, 2024
Jaco Strydom gesels met Henning Mostert in Ghanzi
Friday Nov 08, 2024
Friday Nov 08, 2024
Henning Mostert is een van daai mense wat jou beter laat voel oor die wêreld, die kerk, jouself en sommer die hele lewe. Hy is dominee op ’n klein dorpie in Botswana, maar ook ’n meganiese ingenieur, met ’n Meestersgraad in Veeartsenykunde en hy kan orrel en klavier speel en hy hou van seil — and that's just scratching the surface!
“Ghanzi is net mooi in die middel van alles,” lag hy. “Ons is 1000km van Swakopmund af en 1000km van die Victoria meer af, 1200km van die Vrystaat, 1000 van Johannesburg 1500km van die Kaap.”

Tuesday Oct 15, 2024
Jaco Strydom gesels met Ben en Elise Klut oor kerkwees in die stad en die berge
Tuesday Oct 15, 2024
Tuesday Oct 15, 2024
Hulle het mekaar in die hart van Hillbrow ontmoet. Vandag kerk die twee tussen die berge. Die gemeente waarvan hulle deel is, is in Winterton in mooie Noord Natal, aan die voet van die Dransberge.
“Ons het begin dink dis dalk tyd vir ’n skuif. Toe op ’n dag besluit ons, ons gaan net een CV opstel en sê: ons is ’n package-deal, so of julle vat ons altwee of nie een van ons nie! So toe het hierdie gemeente een dominee-pos in twee gedeel sodat ons elkeen nou ’n halwe pos het ..."

Sunday Sep 15, 2024
Jaco Strydom gesels met Charlene Grobler
Sunday Sep 15, 2024
Sunday Sep 15, 2024
Charlene Grobler is die hoof van Jakaranda en Louis Botha kinderhuise. Jakaranda huisves 200 kinders in 20 huise; Louis Botha 90 kinders in 9 huise. Hulle het 10 maatskaplike werkers en ’n groot klomp ander personeel.
“’n Skoolhoof het een keer vir my gesê, moeilikheid is jou besigheid Charlene! My groot werk is om mense te bestuur en te ontwikkel en die regte sisteme in plek te sit.”
Hoe lyk jou tipiese dag? vra ek.
“My tipiese dag is redelik nag!” lag sy . . .

Monday Aug 19, 2024
Scherlize se Ysterplaat storie
Monday Aug 19, 2024
Monday Aug 19, 2024
“Toe dink ek, ja, die saal word nou gebruik en die verhoog lankal ingerig in kamers waar van ons mense bly. Wat kan ons nog gebruik? Ons stoor is nou klaar die kantoor, die ander kantoor is al die maatskaplike werker se plek, Hendriko bly reeds backstage in een van daai ou aantrekkamers, die gat onder die verhoog is die huiswerkkamer en die ou moederskamer is die crèche . . . Wat is daar nog? Toe dink ek, wel, daar is ’n oop stuk teer agter die kerk, en dít word nog nie gebruik nie., So toe kry ons containers en omskep hulle in ’n koshuis vir die baie van ons kids wat sukkel by hulle huise . . .” vertel Scherlize van der Merwe . . .

Wednesday Jul 17, 2024
Stefaans se nuwe lewe is vol boeke
Wednesday Jul 17, 2024
Wednesday Jul 17, 2024
Sy lewe lees soos ’n storie vol erg uiteenlopende genres. En dis ’n verhaal vol eens ondenkbare verassings wat steeds besig is om geskryf te word.
Baie het gebeur in die nege jaar ná Stefaans Coetzee vrygelaat is.
Daar was ’n tyd toe jy, as jy sy naam hoor of iewers iets oor hom raaklees, dadelik gedink het aan die verregse tiener bomplanter wat lewenslank in die tronk sit. Toe breek daar ’n nuwe tydperk aan. ’n Tydperk waarin hy bekend word as die ou wat ’n nuwe lewe begin het, wat groentetuine plant in die plakkerskampe en opstaan teen rassisme en ongeregtigheid in Suid-Afrika — Stefaans is na 18 jaar vrygelaat toe van sy slagoffers en hulle familie hom bevriend het en ’n versoek gerig het vir sy parool.
Vandag wanneer iemand die naam, Stefaans Coetzee, hoor is die kans goed dat hy of sy dink “dís mos die boeke-man!”
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Friday Jun 21, 2024
Jaco Strydom gesels oor DAKA
Friday Jun 21, 2024
Friday Jun 21, 2024
"En nou gaan ek jou die storie vertel van my dood en hoe ek die
hemel en die hel van solitary confinement in die wildernis ontdek
het - en hoe ’n waterwese my gered het . . ."
Penguin Random House, Luca
Exclusive Books, Bargain Books, Graffiti . . .
LifeFM ondehoud 21/6/2024
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Sunday Jun 16, 2024
Jaco Strydom gesels met Jacqueline De Lange - Moeder Teresa van die Moot
Sunday Jun 16, 2024
Sunday Jun 16, 2024
Reeds vroeg in haar lewe het sy kennis gemaak met die wrede kant van die lewe en ’n belangrike besluit geneem.
Die storie oor haar kinderjare is tragies, om die minste te sê. Maar ironies genoeg — omdat haar verhaal nie daar eindig nie — is dit ook dié tipe storie wat jou weer in God se goedheid laat glo, en aan die wonderwerk van ’n nuwe begin en dat die lig steeds mag het oor duisternis . . .
Die lewe maak jou bitter of beter. Jacqueline het beter gekies . . .
Kontak Jacqueline: jacqueline.delange43@gmail.com
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Sunday May 19, 2024
Jaco Strydom gesels met Jan Venter oor rugby op Clarens - onder andere
Sunday May 19, 2024
Sunday May 19, 2024
Clarens is nie net ’n mooi plek nie, daar gebeur ook mooi dinge! Soos die storie van die Clarens Eagles.
. . . toe Jan weer sien was hy nie net die nuwe dominee op die dorp nie, maar ook die afrigter van ’n rugbyspan bestaande uit jongmanne waarvan meeste nog nooit voorheen op ’n rugbyveld was nie . . .
