23.1K
Downloads
75
Episodes
Jaco Strydom gesels met kerkmense en ander vreemde wesens oor eienaardige dinge . . . Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin en wit en swart, mooi en lelik, goed en sleg - en iets tussenin. In die woorde van Diane Ackerman: ‘It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.
Episodes
Monday Jan 16, 2023
Monday Jan 16, 2023
“Waar is Danie . . . en waar is ons kruiwa?” het Esther gewonder.
Meer en meer desperate, moeë, moedelose vlugtelinge uit Sirië het elke dag deur hulle stad beweeg. En waar was Danie? Hy was besig om oumense wat te swak is om te loop oor die grens te stoot in hulle kruiwa.
Masedoniërs groet mekaar met die woorde “каде си?” (uitgespreek “kade si?”) wat beteken “waar is jy?” Danie en Esther van Niekerk het besluit om doelbewus met hulle lewens hierop te antwoord: “Ons sal wees waar die moeilikheid is!” . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Ondersteun Danie en Esther se bediening: danie@ourcalling.co.za
Monday Nov 14, 2022
Jaco Strydom gesels met Danie Mouton oor sy pad met die kerk
Monday Nov 14, 2022
Monday Nov 14, 2022
“Die skool se leuse was ‘Ons eie eerste’, 'n leuse waarvan ek my hele volwasse lewe probeer afskeid neem,” sê Danie.
Hy was al oral betrokke in die kerkomgewing, van gemeente dominee en hoof van 'n kinderhuis tot die direkteur van Bybel-Media, om net 'n paar plekke te noem, tans is hy die uitvoerende beampte van die Sinode van Oos-Kaapland.
Hy is hoopvol oor die toekoms, sien 'n klomp mooi goed raak en sê hy is veral opgewonde oor nuwe jong leiers in die kerk . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Monday Nov 07, 2022
Jaco Strydom gesels met Enrique Hermanus
Monday Nov 07, 2022
Monday Nov 07, 2022
Enrique het onlangs sy vier en twintigste verjaarsdag gevier, maar moenie dat sy ouderdom jou bluf nie, hy is een van daai ouens wat dit regkry om 'n groot klomp lewe in 'n kort leeftyd in te pak . . .
Hy het onlangs 'n toekenning gekry as een van die Mail & Guardian se twee honderd jongmense wat die grootste verskil in Suid-Afrika maak. As jy sy storie hoor, of 'n kans kry om hom dop te hou, sal jy verstaan waarom.
Kontak hom: e.s.hermanus@gmail.com
Saturday Oct 08, 2022
Johan Brits, die eenvoudige lewensstyl van ’n finansiële slim ou
Saturday Oct 08, 2022
Saturday Oct 08, 2022
Dis nie net wát Johan Brits doen wat fassinerend is nie, maar veral die plek vanwaar hy kies om dit te doen. As jy byvoorbeeld hoor wat die ou se day-job is, sal jy dink hy ry 'n duur kar en woon in 'n luukse huis van sy eie in 'n veilig omheinde kompleks. Maar Johan is 'n vreemde ou.
Hy sal die eerste een wees om uit te wys dat hy is geen St Franciscus van Assisi is nie, maar sy lewensstyl het iets van die selfde appèl op die godsdienstiges van vandag. Dis lynreg teen die materialisme, verbruikersmentaliteit en individualisme waarin soveel van ons, ook in die kerk, deur die eeue dikwels vasval. Wat sy storie nog meer fassinerend maak is die feit die ou meer van besigheid en finansies weet as meeste slim mense op aarde . .
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Monday Sep 26, 2022
Wynand Breytenbach
Monday Sep 26, 2022
Monday Sep 26, 2022
Wynand Breytenbach is predikant met opdrag jongmense en uitreik, sy Facebook blad sê: Story Teller at Durbanville Gemeente. Sy eie storie is vol intriges, verwondering en nuwe ontdekkings, allermins ’n vervelige verhaal . . .
Monday Sep 05, 2022
Retha Kruidenier, die dominee met ’n groot hart
Monday Sep 05, 2022
Monday Sep 05, 2022
'n Mens kan die emosie in haar stem hoor as Retha praat oor die weerlose mense in die gemeenskap, veral die mense wat sy daagliks raakloop in publieke hospitale as deel van haar werk by HospiVisie . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Tuesday Aug 02, 2022
Die worsteling en verwondering van Pierre Du Plessis
Tuesday Aug 02, 2022
Tuesday Aug 02, 2022
Pierre Du Plessis het destyds modeontwerp geswot, later vir 'n tyd lank in die advertensiebedryf gewerk en onder andere ’n alternatiewe geloofsgemeenskap genaamd 3rdPlace gehelp vestig in Pretoria. Hy was ook al meer as een keer 'n spreker by TED X en hy is 'n skrywer . . . om net 'n paar goed te noem.
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Sunday Jun 26, 2022
Charlotte Sibanyoni
Sunday Jun 26, 2022
Sunday Jun 26, 2022
Charlotte Sibanyoni is 'n NG dominee en Hebreeuse dosent by Tuks met ’n fassinerende storie . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Monday Jun 06, 2022
Nadia en DJ
Monday Jun 06, 2022
Monday Jun 06, 2022
Nadia en DJ is getroud. Albei is dominees, Nadia in 'n gemeente en DJ in die gemeenskap . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Tuesday May 17, 2022
Jaco Strydom gesels met Sandile Mnisi
Tuesday May 17, 2022
Tuesday May 17, 2022
“Ons bly in 'n baie mooi land en die diversiteit maak dit nóg mooier!” sê Sandile Mnisi wat onlangs gelegitimeer is. Hy het teologie studeer by Tuks en preek die afgelope paar jaar amper elke Sondagaand by Melville Kruisgemeente, ’n NG Kerk in Johannesburg. Sondae-oggende is hy by VGK-gemeentes in Soshanguve en op ander plekke . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Tuesday May 03, 2022
Oorlog in Mosambiek, Andre en Anna-Marie is steeds daar
Tuesday May 03, 2022
Tuesday May 03, 2022
Andre en Anna-Marie Thiart se huis in die Noorde van Mosambiek is laasjaar afgebrand, maar hulle is steeds daar. Vir nou woon hulle in 'n konstruksiekamp van TOTAL, net buite Palma, veertig kilometer van die Tanzanië grens af. Soldate uit Rwanda beskerm die kamp. “Dit gaan bietjie beter,” sê Andre, “maar steeds rof.” Hulle het gister gehoor van 'n dorpie daar naby wat geplunder is en 'n weermagkamp 'n ent verder is onlangs aangeval . . .
Kontak vir Andre: thiartaa@gmail.com
Link na Kerkbode vir artikel en fotos
Monday Apr 11, 2022
Neil Büchner
Monday Apr 11, 2022
Monday Apr 11, 2022
“Wat doen Neil Büchner nou eintlik?” Hierdie vraag het ek mense al meer as een keer hoor vra. Gewoonlik wonder en bespiegel almal teenwoordig dan bloot hardop. Niemand is heeltemal seker nie.
Die probleem is Niel is 'n vrye wese, met buitengewoon baie talente en passies, van musiek en kerk en wyn, tot koffie en media en kosmaak en surf - en 'n hele paar ander . . .
Niel se Youtube Channel
Monday Mar 07, 2022
Jaco Strydom gesels met Johan Cloete
Monday Mar 07, 2022
Monday Mar 07, 2022
Johan Cloete is deesdae op die agtergrond betrokke by Kerk tussen die Mielielande, 'n gemeente sonder 'n dominee . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Saturday Feb 19, 2022
Jaco Strydom gesels met Fay Van Eeden
Saturday Feb 19, 2022
Saturday Feb 19, 2022
“Toe blaas ek die oom se kar se bande af,” sê Fay, “ek het gevoel ek kan nie net níks doen nie.”
“Hoe oud was jy?” vra ek.
“Twaalf,” sê sy en vertel hoe sy van kleins af 'n passie het om te bewaar en versorg, veral wanneer dit oor die natuur gaan . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Thursday Feb 03, 2022
Die avonture van Michiel Van der Merwe
Thursday Feb 03, 2022
Thursday Feb 03, 2022
Michiel Van der Merwe is 'n dominee, 'n skrywer en die uitvoerende hoof van Stabilis, onder andere. Hy is een van daai rare mense wat 'n enorme klomp lewe in een leeftyd inpak - het byvoorbeeld al 23 keer die Argus fietswedren gery. Én hy ken van klim, hy was al tot by die base-camp van Mount Everest, het al twee keer Kilimandjaro geklim en een keer Mount Kenia, die tweede hoogste berg in Afrika. Nog elke keer doen hy dit om geld in te samel vir een van sy grootste passies in die lewe: gidshond-opleiding. Hy vertel ook graag van die lewenslesse wat 'n mens leer wanneer jy bergklim. Sy boek hieroor met die titel, Klim die berg in jou lewe – vir die uitsig én die insig, verskyn eersdaags.
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Kontak Michiel: mvdm360@gmail.com / stabilis treatment centre
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Saturday Jan 15, 2022
Erick du Toit en die Skotte
Saturday Jan 15, 2022
Saturday Jan 15, 2022
Erick is die afgelope 3 jaar in predikant in Skotland . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Monday Nov 15, 2021
Jaco Strydom gesels met Marinda van Niekerk
Monday Nov 15, 2021
Monday Nov 15, 2021
Dit was by 'n fontein waar Marinda destyds haar groot ontnugtering gehad het. 'n Tipe ontwaking wat uiteindelik sou bydrae tot haar passie vir die weerlose mense van die middestad van Pretoria . . .
Tuesday Nov 02, 2021
Chris de Vries se vreemde studentebediening in Bloemfontein
Tuesday Nov 02, 2021
Tuesday Nov 02, 2021
Die dieper dors en die lewende water
"Die uitdaging is om boorgate te boor, fonteine oop te maak . . . eerder as om nog grense tussen mense op te rig," sê Chris De Vries
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
Tuesday Oct 12, 2021
Jaco Strydom gesels met Waldemar Stumpfe
Tuesday Oct 12, 2021
Tuesday Oct 12, 2021
Waar is Waldemar? Waldemar is present . . .
Wednesday Sep 22, 2021
Jaco Strydom gesels met Deon Meiring
Wednesday Sep 22, 2021
Wednesday Sep 22, 2021
Deon Meiring het onlangs Bicycle Sonder 'n Slot saam met Koos Kombuis ge-record vir 'n TV reeks. . . . Sy se musiekloopbaan is reeds vroeg gebore - om dit sag te stel. Hy en 'n paar vriende het Glaskas in graad nege in Hoërskool Nico Malan op Humansdorp begin. Na skool het hy en Bouwer Bosch Dans Dans Lisa geloots en die laaste paar jaar het daar toenemend nuwe solo albums verskyn . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Sunday Sep 05, 2021
Amos Petersen
Sunday Sep 05, 2021
Sunday Sep 05, 2021
Ons gesels in Stellenbosch, hy is pas terug uit Malta waar hy onder vlugtelinge gewerk het.
Amos Petersen se pa was 'n VGK predikant op Vredenburg in die Weskaap, sy beste vriend Derik Basson se pa was die NG-dominee op die dorp.
Thursday Aug 19, 2021
Ansa van Geest, 'n dokter wat sing en skryf oor hoop
Thursday Aug 19, 2021
Thursday Aug 19, 2021
Ons gesels oor die uitdagings in haar mediesepraktyk in die Covid tyd, haar lewenspad, haar nuwe boek wat een van die dae verskyn . . .
Monday Aug 02, 2021
DelaHarpe le Roux ontdek nuwe hoop op ou plekke
Monday Aug 02, 2021
Monday Aug 02, 2021
“Gee jou hart vir Hillbrow,” sing Johannes Kerkorrel. Moeder Teresa het dikwels wanneer mense haar sou raad vra oor wat hulle met hulle lewens moet doen, geantwoord: “Go find your own Kolkatta!”. DelaHarpe le Roux is iemand wat dít actually gaan doen het. Iemand wat ’n stad gekry het om sy hart voor te gee. 'n Dominee wat sy Kolkotta gevind het - met al die pyn en passie en die aksie en frustrasie wat daarmee saamgaan . . .
Monday Jul 05, 2021
André Bartlett
Monday Jul 05, 2021
Monday Jul 05, 2021
André Bartlett is 'n besige man. Hy is onder andere voorsitter van die Hoëveld sinode, 'n skrywer wat besig is met sy derde boek, hy is verantwoordelik vir voortgesette bedieningsontwikkeling by die Universiteit van Pretoria en 'n predikant by Johannesburg gemeente. Maar as 'n mens sy naam vandag hoor, dink jy veral aan sy betrokkenheid by die gay-debat in die NG Kerk . . .
Monday Jun 07, 2021
Naude Kritzinger
Monday Jun 07, 2021
Monday Jun 07, 2021
. . wat ’n vreemde dominee . . .
Link na een van Naude se musiek videos
Link na Kerkbode vir artikel en fotos