
16.7K
Downloads
61
Episodes
Jaco Strydom gesels met kerkmense en ander vreemde wesens oor eienaardige dinge . . . Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin en wit en swart, mooi en lelik, goed en sleg - en iets tussenin. In die woorde van Diane Ackerman: ‘It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.
Episodes

6 days ago
Katleho Ncaphe and the NG Kerk
6 days ago
6 days ago
"For me to be confirmed as the service minister in NG Kerk is the continuation of what God started before I was born. I am just becoming part of the big picture of God. One wagon of the laager has made space for those, who they used to only reach out too by going on outreaches, but were never included inside the laager. And this for me is the manifestation of God's divine grace. The language of the true kingdom is love that goes beyond color race or gender . . . "

Friday Nov 10, 2023
Maartje en Zander se passie vir die kerk
Friday Nov 10, 2023
Friday Nov 10, 2023
Maartje van der Westhuizen is pas verkies as assessor van die algemene sinode. Sy is predikant by NG kerk Elarduspark. Zander is predikant by NG Gemeente Tygerpoort; hy is 'n dominee, radio-omroeper by Groot FM, musikant, skrywer en dien op die Oostelike Sinode se SDR. Om net 'n paar dinge te noem . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Friday Oct 06, 2023
Jaco Strydom gesels met Stephan De Beer
Friday Oct 06, 2023
Friday Oct 06, 2023
Ek wens meer dominees en pastore wil na die ou luister sê iemand nou die dag, en ek onthou 'n ander ou wat eenkeer opgemerk het: “David Bosch is dood maar ons het darem nog vir Stephan De Beer!”
Ek vra hom waar alles begin het.
“Die grootste draaipunt was die Elim-kerk in Sunnyside wat afgebrand het op 12 Maart 1992. Dit was ’n skuiling vir straatkinders wat ek help begin het. Agt seuns is die aand dood . . .

Monday Sep 18, 2023
Jaco Strydom gesels met Johan Robyn
Monday Sep 18, 2023
Monday Sep 18, 2023
“Ek het diep in die oë gekyk van daai ouens wat die gun op my gehad het en ek het regtig daai dag die pyn van armoede gesien, die pyn van swaarkry, die pyn van dis kersfees en ek moet iets huis toe vat ek moet iets hê om vir my kinders te gee,” sê Johan Robyn wat die laaste 23jaar in Hillbrow werk . . .

Monday Aug 14, 2023
Jaco Strydom gesels met Rethie Van Niekerk
Monday Aug 14, 2023
Monday Aug 14, 2023
“Ek dink daai broosheid wat ek ervaar het, het my op 'n fundamentele manier gevorm. Ek het geleer om dit te embrace. In daai hele tyd wat ons werkloos was, het ek dit as my taak begin beskou om te werk daaraan om nie hard te word nie. Om sag te bly en toe te laat dat die seerkry my mooi maak. Eerder as lelik. Dis nie eenvoudig nie. Dis vrek harde werk. En om nie bitter te raak nie! Maar ek dink daai broosheid is nou deel van my menswees. Ek verstaan dat die lewe gebeur en dat dit seermaak en dat ons nie altyd in beheer is nie, maar ook van deernis hê . . . "
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Monday Jul 17, 2023
Jaco Strydom gesels met Niel en Marietjie Steyn
Monday Jul 17, 2023
Monday Jul 17, 2023
Marietjie is 'n dominee by die oudste kerk in die land en Neil die leier van een van die jongste geloofsgemeenskappe, Isibindi . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Friday Jun 16, 2023
Jaco Strydom gesels met Ruhan Fourie
Friday Jun 16, 2023
Friday Jun 16, 2023
Die kerk was nog nooit goed met mag nie, en politici het 'n manier om godsdiens tot voordeel van hulle eie groep te manipuleer. Ek voel effe deurmekaar oor die saak en besluit om raad te vra by dié een ou wat ek ken wat die meeste van sulke dinge weet.
Ruhan Fourie, is 'n historikus in Bloemfontein wat al heelwat geskryf het oor die geskiedenis van die NG Kerk en die politiek in Suid-Afrika; hy is tans juis besig met die skryf van 'n boek oor die NG Kerk en die Rooi Gevaar. ’n Artikel op sy blog oor hedendaagse politici se verhouding met kerkgroepe het onlangs weer gesprekke op RSG en ander plekke ontketen.
“Wel, of dit nou destyds was om apartheid of kolonialisme 'n morele legitimiteit te gee, of later om teen onreg te praat, soos byvoorbeeld by mense soos Beyers Naudé, die kerk en politiek in Suid-Afrika is nog altyd diep verweef met mekaar,” sê hy . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Friday May 12, 2023
Jaco Strydom gesels met Hanneri De Wet
Friday May 12, 2023
Friday May 12, 2023
Sy vertel stories met fotos . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Friday Apr 14, 2023
Jaco Strydom gesels met Ronell Bezuidenhout
Friday Apr 14, 2023
Friday Apr 14, 2023
“Ek is gebore in Welkom, op 'n dag dat dit gesneeu het in Augustus, en vir 'n oomblik is ek omgeruil en vir die verkeerde ma gegee. My eerste moedersmelk was dus van 'n ‘Mev van Vuuren’ af en nie van Mev Bezuidenhout nie; en van daai dag af was ek reeds ‘anders’,” vertel Ronell.
Sy was deel van die eerste groep vroue wat destyds in die NGKerk bevestig is as predikant. Ronell het deur die jare 'n hele lot boeke geskryf, kursusse ontwikkel, sy skilder ikone, is vandag 'n predikant in die Lutherse kerk . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Friday Mar 17, 2023
Jaco Strydom gesels met Ivor Swartz en Rudi Swanepoel
Friday Mar 17, 2023
Friday Mar 17, 2023
Nie vervelige mense nie! Jaco Strydom gesels met Ivor Swartz en Rudi Swanepoel oor hulle 2de TV reeks en die paradoks van dominee- en kerkwees in Suid-Afrika vandag.
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Thursday Feb 02, 2023
Jaco Strydom gesels met Eddie Le Roux
Thursday Feb 02, 2023
Thursday Feb 02, 2023
Eddie Le Roux gesels oor sy pad met die kerk, letterlik 'n dag na hy afgetree het as predikant.
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Monday Jan 16, 2023
Monday Jan 16, 2023
“Waar is Danie . . . en waar is ons kruiwa?” het Esther gewonder.
Meer en meer desperate, moeë, moedelose vlugtelinge uit Sirië het elke dag deur hulle stad beweeg. En waar was Danie? Hy was besig om oumense wat te swak is om te loop oor die grens te stoot in hulle kruiwa.
Masedoniërs groet mekaar met die woorde “каде си?” (uitgespreek “kade si?”) wat beteken “waar is jy?” Danie en Esther van Niekerk het besluit om doelbewus met hulle lewens hierop te antwoord: “Ons sal wees waar die moeilikheid is!” . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Ondersteun Danie en Esther se bediening: danie@ourcalling.co.za

Monday Nov 14, 2022
Jaco Strydom gesels met Danie Mouton oor sy pad met die kerk
Monday Nov 14, 2022
Monday Nov 14, 2022
“Die skool se leuse was ‘Ons eie eerste’, 'n leuse waarvan ek my hele volwasse lewe probeer afskeid neem,” sê Danie.
Hy was al oral betrokke in die kerkomgewing, van gemeente dominee en hoof van 'n kinderhuis tot die direkteur van Bybel-Media, om net 'n paar plekke te noem, tans is hy die uitvoerende beampte van die Sinode van Oos-Kaapland.
Hy is hoopvol oor die toekoms, sien 'n klomp mooi goed raak en sê hy is veral opgewonde oor nuwe jong leiers in die kerk . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Monday Nov 07, 2022
Jaco Strydom gesels met Enrique Hermanus
Monday Nov 07, 2022
Monday Nov 07, 2022
Enrique het onlangs sy vier en twintigste verjaarsdag gevier, maar moenie dat sy ouderdom jou bluf nie, hy is een van daai ouens wat dit regkry om 'n groot klomp lewe in 'n kort leeftyd in te pak . . .
Hy het onlangs 'n toekenning gekry as een van die Mail & Guardian se twee honderd jongmense wat die grootste verskil in Suid-Afrika maak. As jy sy storie hoor, of 'n kans kry om hom dop te hou, sal jy verstaan waarom.
Kontak hom: e.s.hermanus@gmail.com

Saturday Oct 08, 2022
Johan Brits, die eenvoudige lewensstyl van ’n finansiële slim ou
Saturday Oct 08, 2022
Saturday Oct 08, 2022
Dis nie net wát Johan Brits doen wat fassinerend is nie, maar veral die plek vanwaar hy kies om dit te doen. As jy byvoorbeeld hoor wat die ou se day-job is, sal jy dink hy ry 'n duur kar en woon in 'n luukse huis van sy eie in 'n veilig omheinde kompleks. Maar Johan is 'n vreemde ou.
Hy sal die eerste een wees om uit te wys dat hy is geen St Franciscus van Assisi is nie, maar sy lewensstyl het iets van die selfde appèl op die godsdienstiges van vandag. Dis lynreg teen die materialisme, verbruikersmentaliteit en individualisme waarin soveel van ons, ook in die kerk, deur die eeue dikwels vasval. Wat sy storie nog meer fassinerend maak is die feit die ou meer van besigheid en finansies weet as meeste slim mense op aarde . .
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Monday Sep 26, 2022
Wynand Breytenbach
Monday Sep 26, 2022
Monday Sep 26, 2022
Wynand Breytenbach is predikant met opdrag jongmense en uitreik, sy Facebook blad sê: Story Teller at Durbanville Gemeente. Sy eie storie is vol intriges, verwondering en nuwe ontdekkings, allermins ’n vervelige verhaal . . .

Monday Sep 05, 2022
Retha Kruidenier, die dominee met ’n groot hart
Monday Sep 05, 2022
Monday Sep 05, 2022
'n Mens kan die emosie in haar stem hoor as Retha praat oor die weerlose mense in die gemeenskap, veral die mense wat sy daagliks raakloop in publieke hospitale as deel van haar werk by HospiVisie . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Tuesday Aug 02, 2022
Die worsteling en verwondering van Pierre Du Plessis
Tuesday Aug 02, 2022
Tuesday Aug 02, 2022
Pierre Du Plessis het destyds modeontwerp geswot, later vir 'n tyd lank in die advertensiebedryf gewerk en onder andere ’n alternatiewe geloofsgemeenskap genaamd 3rdPlace gehelp vestig in Pretoria. Hy was ook al meer as een keer 'n spreker by TED X en hy is 'n skrywer . . . om net 'n paar goed te noem.
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Sunday Jun 26, 2022
Charlotte Sibanyoni
Sunday Jun 26, 2022
Sunday Jun 26, 2022
Charlotte Sibanyoni is 'n NG dominee en Hebreeuse dosent by Tuks met ’n fassinerende storie . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Monday Jun 06, 2022
Nadia en DJ
Monday Jun 06, 2022
Monday Jun 06, 2022
Nadia en DJ is getroud. Albei is dominees, Nadia in 'n gemeente en DJ in die gemeenskap . . . Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Tuesday May 17, 2022
Jaco Strydom gesels met Sandile Mnisi
Tuesday May 17, 2022
Tuesday May 17, 2022
“Ons bly in 'n baie mooi land en die diversiteit maak dit nóg mooier!” sê Sandile Mnisi wat onlangs gelegitimeer is. Hy het teologie studeer by Tuks en preek die afgelope paar jaar amper elke Sondagaand by Melville Kruisgemeente, ’n NG Kerk in Johannesburg. Sondae-oggende is hy by VGK-gemeentes in Soshanguve en op ander plekke . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Tuesday May 03, 2022
Oorlog in Mosambiek, Andre en Anna-Marie is steeds daar
Tuesday May 03, 2022
Tuesday May 03, 2022
Andre en Anna-Marie Thiart se huis in die Noorde van Mosambiek is laasjaar afgebrand, maar hulle is steeds daar. Vir nou woon hulle in 'n konstruksiekamp van TOTAL, net buite Palma, veertig kilometer van die Tanzanië grens af. Soldate uit Rwanda beskerm die kamp. “Dit gaan bietjie beter,” sê Andre, “maar steeds rof.” Hulle het gister gehoor van 'n dorpie daar naby wat geplunder is en 'n weermagkamp 'n ent verder is onlangs aangeval . . .
Kontak vir Andre: thiartaa@gmail.com
Link na Kerkbode vir artikel en fotos

Monday Apr 11, 2022
Neil Büchner
Monday Apr 11, 2022
Monday Apr 11, 2022
“Wat doen Neil Büchner nou eintlik?” Hierdie vraag het ek mense al meer as een keer hoor vra. Gewoonlik wonder en bespiegel almal teenwoordig dan bloot hardop. Niemand is heeltemal seker nie.
Die probleem is Niel is 'n vrye wese, met buitengewoon baie talente en passies, van musiek en kerk en wyn, tot koffie en media en kosmaak en surf - en 'n hele paar ander . . .
Niel se Youtube Channel

Monday Mar 07, 2022
Jaco Strydom gesels met Johan Cloete
Monday Mar 07, 2022
Monday Mar 07, 2022
Johan Cloete is deesdae op die agtergrond betrokke by Kerk tussen die Mielielande, 'n gemeente sonder 'n dominee . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Saturday Feb 19, 2022
Jaco Strydom gesels met Fay Van Eeden
Saturday Feb 19, 2022
Saturday Feb 19, 2022
“Toe blaas ek die oom se kar se bande af,” sê Fay, “ek het gevoel ek kan nie net níks doen nie.”
“Hoe oud was jy?” vra ek.
“Twaalf,” sê sy en vertel hoe sy van kleins af 'n passie het om te bewaar en versorg, veral wanneer dit oor die natuur gaan . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode