23.1K
Downloads
75
Episodes
Jaco Strydom gesels met kerkmense en ander vreemde wesens oor eienaardige dinge . . . Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin en wit en swart, mooi en lelik, goed en sleg - en iets tussenin. In die woorde van Diane Ackerman: ‘It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.
Episodes
Sunday Feb 11, 2024
Jaco Strydom gesels met Peet Botma wat oor die Atlantiese Oseaan geroei het
Sunday Feb 11, 2024
Sunday Feb 11, 2024
“My boot was rooi van die sand, so ook al die vlaggies op die dek, én my sonpanele. En dis nie goed nie! Want jy is ongelooflik afhanklik van die paar elektroniese goed op die roeiboot,” vertel Peet Botma. Dit was sy tiende dag op die Atlantiese oseaan, reeds meer as 700km van die naaste droë grond af. Daar was 'n sandstorm in die Sahara Woestyn en die Oostewind het dit die diepsee in gewaai.
Christopher Columbus draai sekerlik in sy graf om, het ek gedink toe ek dié storie hoor.
Hy sou dit eenvoudig nooit kon glo nie. Dat iemand presies dieselfde roete as wat hy in 1492 geseil het, oor die ganse Atlantiese Oseaan, manalleen, in 'n roeiboot sou roei! Net soos Columbus het Peet op die Kanarie Eilande naby Marokko weggespring en eers weer voet aan land gesit op die Karibiese eilande, 4800km verder, reg bokant Suid-Amerika - as gevolg van die seestrome en die wind moes hy op die ou einde meer as 5200km roei. Dit het 45 dae gevat . . .
Comments (0)
To leave or reply to comments, please download free Podbean or
No Comments
To leave or reply to comments,
please download free Podbean App.