
26.9K
Downloads
87
Episodes
Jaco Strydom gesels met kerkmense en ander vreemde wesens oor eienaardige dinge . . . Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin en wit en swart, mooi en lelik, goed en sleg - en iets tussenin. In die woorde van Diane Ackerman: ‘It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.
Episodes

Saturday Feb 19, 2022
Jaco Strydom gesels met Fay Van Eeden
Saturday Feb 19, 2022
Saturday Feb 19, 2022
“Toe blaas ek die oom se kar se bande af,” sê Fay, “ek het gevoel ek kan nie net níks doen nie.”
“Hoe oud was jy?” vra ek.
“Twaalf,” sê sy en vertel hoe sy van kleins af 'n passie het om te bewaar en versorg, veral wanneer dit oor die natuur gaan . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Thursday Feb 03, 2022
Die avonture van Michiel Van der Merwe
Thursday Feb 03, 2022
Thursday Feb 03, 2022
Michiel Van der Merwe is 'n dominee, 'n skrywer en die uitvoerende hoof van Stabilis, onder andere. Hy is een van daai rare mense wat 'n enorme klomp lewe in een leeftyd inpak - het byvoorbeeld al 23 keer die Argus fietswedren gery. Én hy ken van klim, hy was al tot by die base-camp van Mount Everest, het al twee keer Kilimandjaro geklim en een keer Mount Kenia, die tweede hoogste berg in Afrika. Nog elke keer doen hy dit om geld in te samel vir een van sy grootste passies in die lewe: gidshond-opleiding. Hy vertel ook graag van die lewenslesse wat 'n mens leer wanneer jy bergklim. Sy boek hieroor met die titel, Klim die berg in jou lewe – vir die uitsig én die insig, verskyn eersdaags.
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Kontak Michiel: mvdm360@gmail.com / stabilis treatment centre
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Saturday Jan 15, 2022
Erick du Toit en die Skotte
Saturday Jan 15, 2022
Saturday Jan 15, 2022
Erick is die afgelope 3 jaar in predikant in Skotland . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Monday Nov 15, 2021
Jaco Strydom gesels met Marinda van Niekerk
Monday Nov 15, 2021
Monday Nov 15, 2021
Dit was by 'n fontein waar Marinda destyds haar groot ontnugtering gehad het. 'n Tipe ontwaking wat uiteindelik sou bydrae tot haar passie vir die weerlose mense van die middestad van Pretoria . . .

Tuesday Nov 02, 2021
Chris de Vries se vreemde studentebediening in Bloemfontein
Tuesday Nov 02, 2021
Tuesday Nov 02, 2021
Die dieper dors en die lewende water
"Die uitdaging is om boorgate te boor, fonteine oop te maak . . . eerder as om nog grense tussen mense op te rig," sê Chris De Vries
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Tuesday Oct 12, 2021
Jaco Strydom gesels met Waldemar Stumpfe
Tuesday Oct 12, 2021
Tuesday Oct 12, 2021
Waar is Waldemar? Waldemar is present . . .

Wednesday Sep 22, 2021
Jaco Strydom gesels met Deon Meiring
Wednesday Sep 22, 2021
Wednesday Sep 22, 2021
Deon Meiring het onlangs Bicycle Sonder 'n Slot saam met Koos Kombuis ge-record vir 'n TV reeks. . . . Sy se musiekloopbaan is reeds vroeg gebore - om dit sag te stel. Hy en 'n paar vriende het Glaskas in graad nege in Hoërskool Nico Malan op Humansdorp begin. Na skool het hy en Bouwer Bosch Dans Dans Lisa geloots en die laaste paar jaar het daar toenemend nuwe solo albums verskyn . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Sunday Sep 05, 2021
Amos Petersen
Sunday Sep 05, 2021
Sunday Sep 05, 2021
Ons gesels in Stellenbosch, hy is pas terug uit Malta waar hy onder vlugtelinge gewerk het.
Amos Petersen se pa was 'n VGK predikant op Vredenburg in die Weskaap, sy beste vriend Derik Basson se pa was die NG-dominee op die dorp.

Thursday Aug 19, 2021
Ansa van Geest, 'n dokter wat sing en skryf oor hoop
Thursday Aug 19, 2021
Thursday Aug 19, 2021
Ons gesels oor die uitdagings in haar mediesepraktyk in die Covid tyd, haar lewenspad, haar nuwe boek wat een van die dae verskyn . . .

Monday Aug 02, 2021
DelaHarpe le Roux ontdek nuwe hoop op ou plekke
Monday Aug 02, 2021
Monday Aug 02, 2021
“Gee jou hart vir Hillbrow,” sing Johannes Kerkorrel. Moeder Teresa het dikwels wanneer mense haar sou raad vra oor wat hulle met hulle lewens moet doen, geantwoord: “Go find your own Kolkatta!”. DelaHarpe le Roux is iemand wat dít actually gaan doen het. Iemand wat ’n stad gekry het om sy hart voor te gee. 'n Dominee wat sy Kolkotta gevind het - met al die pyn en passie en die aksie en frustrasie wat daarmee saamgaan . . .

Monday Jul 05, 2021
André Bartlett
Monday Jul 05, 2021
Monday Jul 05, 2021
André Bartlett is 'n besige man. Hy is onder andere voorsitter van die Hoëveld sinode, 'n skrywer wat besig is met sy derde boek, hy is verantwoordelik vir voortgesette bedieningsontwikkeling by die Universiteit van Pretoria en 'n predikant by Johannesburg gemeente. Maar as 'n mens sy naam vandag hoor, dink jy veral aan sy betrokkenheid by die gay-debat in die NG Kerk . . .

Monday Jun 07, 2021
Naude Kritzinger
Monday Jun 07, 2021
Monday Jun 07, 2021
. . wat ’n vreemde dominee . . .
Link na een van Naude se musiek videos
Link na Kerkbode vir artikel en fotos

Friday May 14, 2021
Melodie van Brakel
Friday May 14, 2021
Friday May 14, 2021
Melodie is een van die beautifulste mense wat ek al ooit ontmoet het - en ek het al baie mense ontmoet! Kyk of jy die podcast kan luister sonder om (ten minste ’n bietjie) uit te freak - en ’n traan te pik . . .
Compassion is contagous (I hope!!)

Friday Apr 30, 2021
Jaco Strydom gesels met Theo en Koos van Prophet
Friday Apr 30, 2021
Friday Apr 30, 2021
Die nuwe album Die Kolonie is uit - and doing well. Waar het alles begin? Theo sê hy eintlik het vir Koos jammer gekry en wou hom graag help. “In 1982 het ek uitgereik na 'n armsalige teologie student . . .” lei Koos se weergawe . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Tuesday Apr 13, 2021
Annes Nel
Tuesday Apr 13, 2021
Tuesday Apr 13, 2021
Annes Nel is 'n dosent in Rusland. Hy en sy vrou Olga is fassinerende mense, vol passie vir die lewe en interessante stories. Hulle vertel onder andere van hulle pad tot in St Petersburg.

Thursday Mar 04, 2021
Jaco Strydom gesels met Roelf Meyer
Thursday Mar 04, 2021
Thursday Mar 04, 2021
Roelf Meyer het al belangrike politieke posisies beklee, was onder andere Minister van Verdediging en later Minister Konstitusionele Ontwikkeling, maar hy het veral internasionale bekendheid verwerf as vredemaker. Ons gesels oor die pad wat hy gestap het, wêreld gebeure, die kerk, uitdagings in Suid-Afrika . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode

Friday Feb 26, 2021
André Botha
Friday Feb 26, 2021
Friday Feb 26, 2021
. . . hy is 'n dominee op die platteland met 'n passie vir die plakkerskamp . . .

Tuesday Feb 09, 2021
EJ Leach van Suid-Afrika na Kalkutta . . .
Tuesday Feb 09, 2021
Tuesday Feb 09, 2021
EJ Leach is 'n vreemde dominee. Na hy sy studies by Tuks voltooi het, besluit hy en sy vrou om te trek na 'n plek waar dit rowwer gaan as Suid-Afrika. Hulle woon vandag in die hartjie van Kalkutta in Indië . . .
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Monday Jan 18, 2021
Die passies en die frustrasies van Rudi Swanepoel
Monday Jan 18, 2021
Monday Jan 18, 2021
“Rudi is real,” sê iemand nou die dag. 'n Goeie opsomming. Ons het al saam gelag en gehuil, en ek het die voorreg gehad om hom meer as een keer kwaad te sien. Meestal oor dinge wat in die kerk gebeur, of nie gebeur nie.
Elke keer was ek beïndruk, het ek gewonder, waarom meer mense nie ontsteld oor die dinge wat Rudi ontstel nie? (Daar ís 'n ding soos holy-anger!)
Rudi skryf en kook en drink wyn en hardloop - onder andere - en hy is dominee - hierdie land kon 'n beter plek gewees het as meer dominees die ou se passie gehad het . . .

Sunday Nov 15, 2020
Stefaans Coetzee het bomme geplant, nou plant hy groente
Sunday Nov 15, 2020
Sunday Nov 15, 2020
Die fassinerende verhaal van Stefaans Coetzee wat destyds 'n bom geplant het in Shoprite. Hy gesels oor sy kinderdae, die Isreal Visie, oor sy tyd in die tronk en die vreemde dinge wat daar gebeur het wat sy lewe verander het . . .
Kliek hier vir sy boek WIT WOLF

Monday Nov 02, 2020
Schalk Van Heerden en die brûe wat hy bou
Monday Nov 02, 2020
Monday Nov 02, 2020
Behalwe vir “kerkkantoortannie”, dominee en Scalk se betrokkenheid by FSSA, is hy aan die stuur van Betereinders.
“Ons is eintlik skaam oor hoe eenvoudig ons plan is,” verduidelik Schalk. Dit gaan oor “staan saam" – die verhoudingselement – en “werk saam" om aktief 'n verskil te maak. Suid-Afrikaners moet eers inspring, mekaar leer ken en verstaan voor ons kan leer saamwerk. Armoedeverligting is ook ’n groot doelwit van Betereinders.
“’n Klomp slegte dinge broei uit as mense nie werk het nie,” sê hy.
Betereinders trek elke jaar op geloftedag 'n laer in die townships, en braai dan saam met die plaaslike mense. Sommer net om saam te kuier, maar ook om te wys hoe baie dinge al verander het van Bloedrivier se dae af, en om saam te droom oor 'n beter toekoms.

Thursday Aug 27, 2020
Jaco Strydom chat met Johrné van Huyssteen
Thursday Aug 27, 2020
Thursday Aug 27, 2020
Ons praat oor sy huis in Sunnyside, die kere toe hulle geroof is, sy weirdste geestelike ervaring in 'n vreemde kerk, politiek en oor wanneer Ddisselblom weer gaan show . . .

Sunday Aug 23, 2020
Jaco Strydom en Bouwer Bosch chat (die Covid updated version)
Sunday Aug 23, 2020
Sunday Aug 23, 2020
Ons praat oor donker tye, happy tye, hate mail, die keer toe Bouwer Bosch actually kwaad geword het (for real!), Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, sy kinderjare, Steve Biko, onderwysers, vakansie, die NG Kerk, die nuwe musiek video, #Politees, die siekte, die toekoms . . .

Sunday Aug 02, 2020
Die sterre, die planete en die verwondering van Hennie Maas
Sunday Aug 02, 2020
Sunday Aug 02, 2020
As mens Hennie Maas se naam hoor, dink jy aan “sterre en planete”. Die naam van sy gewilde program op RSG. Hy verwys graag na homself as 'n nuuskierige agie. 'n Mens sou hom nogal kon beskryf met die woord: verwondering. “Daai speelgroepies van kleintyd gaan steeds aan! Ons het dikwels sulke speelgroepies hier by my, mense kom speel hier by ons huis. Ons luister musiek en kyk video's en gesels daaroor,” vertel Hennie en ek dink aan Leonard Sweet wat gesê het 'n mens werk nie 'n viool nie, jy speel 'n viool, en so ook die lewe. Dís iets wat ons by Hennie Maas op 78 kan leer...

Friday Jul 17, 2020
Jaco Strydom gesels met Stephan Joubert
Friday Jul 17, 2020
Friday Jul 17, 2020
Ek vra Stephan Joubert 'n klomp vrae oor dinge waaroor ek nog altyd wonder, hy gesels oor sy eie geloofspad, oor die kerk, die akademie, mooi dinge wat hy raaksien wat hom hoop gee, dinge wat hom frustreer, nuwe geleenthede, die vroeë kerk, groot uitdagings in ons tyd . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
