
29.2K
Downloads
93
Episodes
Jaco Strydom gesels met kerkmense en ander vreemde wesens oor eienaardige dinge . . . Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin en wit en swart, mooi en lelik, goed en sleg - en iets tussenin. In die woorde van Diane Ackerman: ‘It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.
Jaco Strydom gesels met kerkmense en ander vreemde wesens oor eienaardige dinge . . . Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin en wit en swart, mooi en lelik, goed en sleg - en iets tussenin. In die woorde van Diane Ackerman: ‘It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.
Episodes

Nov 15, 2020
Nov 15, 2020
1hr 14 min
Die fassinerende verhaal van Stefaans Coetzee wat destyds 'n bom geplant het in Shoprite. Hy gesels oor sy kinderdae, die Isreal Visie, oor sy tyd in die tronk en die vreemde dinge wat daar gebeur het wat sy lewe verander het . . .
Kliek hier vir sy boek WIT WOLF

Nov 2, 2020
Schalk Van Heerden en die brûe wat hy bou
Nov 2, 2020
Nov 2, 2020
48 min
Behalwe vir “kerkkantoortannie”, dominee en Scalk se betrokkenheid by FSSA, is hy aan die stuur van Betereinders.
“Ons is eintlik skaam oor hoe eenvoudig ons plan is,” verduidelik Schalk. Dit gaan oor “staan saam" – die verhoudingselement – en “werk saam" om aktief 'n verskil te maak. Suid-Afrikaners moet eers inspring, mekaar leer ken en verstaan voor ons kan leer saamwerk. Armoedeverligting is ook ’n groot doelwit van Betereinders.
“’n Klomp slegte dinge broei uit as mense nie werk het nie,” sê hy.
Betereinders trek elke jaar op geloftedag 'n laer in die townships, en braai dan saam met die plaaslike mense. Sommer net om saam te kuier, maar ook om te wys hoe baie dinge al verander het van Bloedrivier se dae af, en om saam te droom oor 'n beter toekoms.

Aug 27, 2020
Jaco Strydom chat met Johrné van Huyssteen
Aug 27, 2020
Aug 27, 2020
1hr 2 min
Ons praat oor sy huis in Sunnyside, die kere toe hulle geroof is, sy weirdste geestelike ervaring in 'n vreemde kerk, politiek en oor wanneer Ddisselblom weer gaan show . . .

Aug 23, 2020
Aug 23, 2020
1hr 12 min
Ons praat oor donker tye, happy tye, hate mail, die keer toe Bouwer Bosch actually kwaad geword het (for real!), Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, sy kinderjare, Steve Biko, onderwysers, vakansie, die NG Kerk, die nuwe musiek video, #Politees, die siekte, die toekoms . . .

Aug 2, 2020
Aug 2, 2020
55 min
As mens Hennie Maas se naam hoor, dink jy aan “sterre en planete”. Die naam van sy gewilde program op RSG. Hy verwys graag na homself as 'n nuuskierige agie. 'n Mens sou hom nogal kon beskryf met die woord: verwondering. “Daai speelgroepies van kleintyd gaan steeds aan! Ons het dikwels sulke speelgroepies hier by my, mense kom speel hier by ons huis. Ons luister musiek en kyk video's en gesels daaroor,” vertel Hennie en ek dink aan Leonard Sweet wat gesê het 'n mens werk nie 'n viool nie, jy speel 'n viool, en so ook die lewe. Dís iets wat ons by Hennie Maas op 78 kan leer...

Jul 17, 2020
Jaco Strydom gesels met Stephan Joubert
Jul 17, 2020
Jul 17, 2020
1hr 12 min
Ek vra Stephan Joubert 'n klomp vrae oor dinge waaroor ek nog altyd wonder, hy gesels oor sy eie geloofspad, oor die kerk, die akademie, mooi dinge wat hy raaksien wat hom hoop gee, dinge wat hom frustreer, nuwe geleenthede, die vroeë kerk, groot uitdagings in ons tyd . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Jul 3, 2020
Reggie Peace se fassinerende storie
Jul 3, 2020
Jul 3, 2020
1hr 5 min
Reggie Peace is 'n akteur, 'n skrywer en 'n sportman met 'n fassinerende verhaal wat 'n mens help om weer te droom.
Reggie se musiek videos:

May 29, 2020
Cas Wepener
May 29, 2020
May 29, 2020
38 min
Cas Wepener is professor in Praktiese Teologie in Stellenbosch, ons gesels oor sy skryfwerk, die unieke uitdagings en geleenthede in die tyd waarin ons leef en sy eie pad . . .
LINKS:

May 24, 2020
May 24, 2020
11 min
10 min chat oor lesse wat ek geleer het by Søren Kierkegaard, Paulus en op my solo kayak-trip laas jaar om Zanzibar . . . Fotos van die trip: Instagram #kayakaroundzanzibar2019

May 16, 2020
Ivor Swartz
May 16, 2020
May 16, 2020
54 min
Ivor is 'n man met 'n groot storie, die tipe verhaal wat oral in Suid-Afrika mense se lewens verander. Hy is op 14 toegesluit vir moord, maar dis net 'n klein deeltjie van sy storie . . .
LINKS:
https://web.facebook.com/ivor.swartz
Kerkbode artikel met foto van Ivor en sy vrou
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

May 1, 2020
May 1, 2020
26 min
Leona Pienaar vertel hoe sy destyds met 'n klein karretjie uit die Kaap uit in Hillbrow aangekom het - en hoe die stad haar hart gesteel het . . . As meer mense die wêreld soos sy gesien het was die wêreld vandag 'n beter plek. Leona is onlangs verkies as die nuwe CEO van MES: Meer info oor MES en hoe jy kan help

Apr 18, 2020
Apr 18, 2020
3 min
" . . don't judge me because I sin differently than you . . ."
Het hom lank terug geskryf, iemand het my ge-record toe ek dit iewers gesing het, nie seker waar nie, maar hier is hy nou op die podcast (want ek is in lockdown, soos die res van die mensdom, en ek wil eintlik mense one on one interview en nou kan ek nie - en ek hou van die liedjie), want daar moet eintlik voor elke kerk 'n bord wees wat sê:
. . . dwelmverslaafdes, misdadigers, alkoholiste, daggarokers,
ateïste, prostitute, prokureurs, morsjorse, gomsnuifers,
Blou Bul ondersteuners, vandaliste, boemelaars, kriminele,
rokers, studente, boeremusiekliefhebbers, gays,
freedom fighters, speed cops, swartmense,
pastore, geldgieriges, onnies, kwaadpraters,
tronkvoëls, egbrekers, witmense, gomtorre,
geheelonthouers, bruinmense, boelies, imaginary friends,
dominees, rowers, boere, losbandiges, stadsjapies, tieners,
apartheidshelde, nerds, wash-outs, sataniste,
hoofdogters, aliens, ou tannies, kommuniste,
kunstenaars, materialiste, wewenaars,
leuenaars, metal heads, orreliste, skinderbekke,
kerkmense, kerkloses, gewone mense . . .
alle sondaars welkom
Lees meer op my Blog: Anderkant die Doringdraad
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Mar 19, 2020
Anna Emm en die magic van stories
Mar 19, 2020
Mar 19, 2020
1hr 9 min
"Ek glo in die krag van stories. Ek glo dat ‘n goeie storie kan inspireer, motiveer, aktiveer en genees soos geen ander medium op aarde nie," sê Anna Emm. Sy het 'n hordes boeke geskryf en sy boks . . . Hier is 'n link na haar eie Podcast waar sy tips gee vir nuwe skrywers: In The Meantime

Mar 4, 2020
Jaco Strydom gesels met Bouwer Bosch
Mar 4, 2020
Mar 4, 2020
1hr 2 min
Ons praat oor freaken alles! Die nuwe album, sy kinderjare, donker tye, hate mail, happy tye, die keer toe hy kwaad geword het, Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, Steve Biko, onderwysers, vakansie, #Politees, die toekoms . . .
Links:

Mar 4, 2020
Mar 4, 2020
1hr 8 min
― Leonard Sweet

Feb 19, 2020
Jaco Strydom gesels met Tom Smith
Feb 19, 2020
Feb 19, 2020
58 min
'n Chat met Tom Smith wat Raw Spirituality geskryf het, oor Suid-Afrika en rykdom en armoede en die sondes van kerkmense en sy eie persoonlike worstelinge en dinge wat hom opgewonde maak en sy terugkeer na die NG Kerk . . . Meer wat Tom doen: www.rhythmoflife.co.za
Links
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise,
My Blog: Anderkant die Doringdraad,

Feb 17, 2020
Feb 17, 2020
1hr 46 min
Regter Eberhard Bertelsmann vertel sy storie. Sy moeilikheid met die veiligheidspolisie as student in Stellenbosch in die laat 1960's, die aanslae op sy lewe, die sake waarby hy betrokke was - die Dawid Webster saak, sy verdediging van die Vrye Weekblad . . . Sy ontnugtering met die destydse Nasionale Party-regering en sy frustrasies met die ANC-regering vandag. Hy vertel van die donkerste oomblikke in sy lewe, sy persoonlike worsteling met verslawing, sy tyd in 'n rehabilitasiesentrum en 'n gebeurtenis wat sy hele lewe verander het. Ons praat oor die uitdagings in Suid-Afrika vandag: SAL, Eskom, die onderwys . . . en oor die rol wat die kerk veronderstel is om te speel in 'n land soos die.
Links:
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise,
My Blog:Anderkant die Doringdraad,
Kontak ons:

Feb 10, 2020
Aubrey Thompson se storie
Feb 10, 2020
Feb 10, 2020
54 min
Ek gesels met Aubrey Thompson, terwyl hy besig is om 'n baby shower te reël, hy was voorheen op tik en in die tronk (onder andere . . .) sy verhaal kan jou weer laat glo dat verandering moontlik is - dat dit nooit te laat is vir 'n nuwe begin nie.
Artikel met foto's in Kerkbode
Link:
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
