
27.7K
Downloads
90
Episodes
Jaco Strydom gesels met kerkmense en ander vreemde wesens oor eienaardige dinge . . . Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin en wit en swart, mooi en lelik, goed en sleg - en iets tussenin. In die woorde van Diane Ackerman: ‘It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.
Jaco Strydom gesels met kerkmense en ander vreemde wesens oor eienaardige dinge . . . Die waarheid oor Suid-Afrika vandag (en oor kerkwees in die tyd van die ANC) is bruin en wit en swart, mooi en lelik, goed en sleg - en iets tussenin. In die woorde van Diane Ackerman: ‘It began in mystery, and it will end in mystery, but what a savage and beautiful country lies in between.
Episodes

Sunday Aug 23, 2020
Jaco Strydom en Bouwer Bosch chat (die Covid updated version)
Sunday Aug 23, 2020
Sunday Aug 23, 2020
Ons praat oor donker tye, happy tye, hate mail, die keer toe Bouwer Bosch actually kwaad geword het (for real!), Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, sy kinderjare, Steve Biko, onderwysers, vakansie, die NG Kerk, die nuwe musiek video, #Politees, die siekte, die toekoms . . .

Sunday Aug 02, 2020
Die sterre, die planete en die verwondering van Hennie Maas
Sunday Aug 02, 2020
Sunday Aug 02, 2020
As mens Hennie Maas se naam hoor, dink jy aan “sterre en planete”. Die naam van sy gewilde program op RSG. Hy verwys graag na homself as 'n nuuskierige agie. 'n Mens sou hom nogal kon beskryf met die woord: verwondering. “Daai speelgroepies van kleintyd gaan steeds aan! Ons het dikwels sulke speelgroepies hier by my, mense kom speel hier by ons huis. Ons luister musiek en kyk video's en gesels daaroor,” vertel Hennie en ek dink aan Leonard Sweet wat gesê het 'n mens werk nie 'n viool nie, jy speel 'n viool, en so ook die lewe. Dís iets wat ons by Hennie Maas op 78 kan leer...

Friday Jul 17, 2020
Jaco Strydom gesels met Stephan Joubert
Friday Jul 17, 2020
Friday Jul 17, 2020
Ek vra Stephan Joubert 'n klomp vrae oor dinge waaroor ek nog altyd wonder, hy gesels oor sy eie geloofspad, oor die kerk, die akademie, mooi dinge wat hy raaksien wat hom hoop gee, dinge wat hom frustreer, nuwe geleenthede, die vroeë kerk, groot uitdagings in ons tyd . . .
Kyk uit vir artikel en fotos in Kerkbode
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Friday Jul 03, 2020
Reggie Peace se fassinerende storie
Friday Jul 03, 2020
Friday Jul 03, 2020
Reggie Peace is 'n akteur, 'n skrywer en 'n sportman met 'n fassinerende verhaal wat 'n mens help om weer te droom.
Reggie se musiek videos:

Friday May 29, 2020
Cas Wepener
Friday May 29, 2020
Friday May 29, 2020
Cas Wepener is professor in Praktiese Teologie in Stellenbosch, ons gesels oor sy skryfwerk, die unieke uitdagings en geleenthede in die tyd waarin ons leef en sy eie pad . . .
LINKS:

Sunday May 24, 2020
Søren Kierkegaard, Paulus en my kajak-trip om Zanzibar
Sunday May 24, 2020
Sunday May 24, 2020
10 min chat oor lesse wat ek geleer het by Søren Kierkegaard, Paulus en op my solo kayak-trip laas jaar om Zanzibar . . . Fotos van die trip: Instagram #kayakaroundzanzibar2019

Saturday May 16, 2020
Ivor Swartz
Saturday May 16, 2020
Saturday May 16, 2020
Ivor is 'n man met 'n groot storie, die tipe verhaal wat oral in Suid-Afrika mense se lewens verander. Hy is op 14 toegesluit vir moord, maar dis net 'n klein deeltjie van sy storie . . .
LINKS:
https://web.facebook.com/ivor.swartz
Kerkbode artikel met foto van Ivor en sy vrou
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Friday May 01, 2020
Sy gee haar hart vir Hillbrow - Leona Pienaar se storie
Friday May 01, 2020
Friday May 01, 2020
Leona Pienaar vertel hoe sy destyds met 'n klein karretjie uit die Kaap uit in Hillbrow aangekom het - en hoe die stad haar hart gesteel het . . . As meer mense die wêreld soos sy gesien het was die wêreld vandag 'n beter plek. Leona is onlangs verkies as die nuwe CEO van MES: Meer info oor MES en hoe jy kan help

Saturday Apr 18, 2020
Kerkmense en ander Sondaars ('n Liedjie - nie net vir jou nie . . .)
Saturday Apr 18, 2020
Saturday Apr 18, 2020
" . . don't judge me because I sin differently than you . . ."
Het hom lank terug geskryf, iemand het my ge-record toe ek dit iewers gesing het, nie seker waar nie, maar hier is hy nou op die podcast (want ek is in lockdown, soos die res van die mensdom, en ek wil eintlik mense one on one interview en nou kan ek nie - en ek hou van die liedjie), want daar moet eintlik voor elke kerk 'n bord wees wat sê:
. . . dwelmverslaafdes, misdadigers, alkoholiste, daggarokers,
ateïste, prostitute, prokureurs, morsjorse, gomsnuifers,
Blou Bul ondersteuners, vandaliste, boemelaars, kriminele,
rokers, studente, boeremusiekliefhebbers, gays,
freedom fighters, speed cops, swartmense,
pastore, geldgieriges, onnies, kwaadpraters,
tronkvoëls, egbrekers, witmense, gomtorre,
geheelonthouers, bruinmense, boelies, imaginary friends,
dominees, rowers, boere, losbandiges, stadsjapies, tieners,
apartheidshelde, nerds, wash-outs, sataniste,
hoofdogters, aliens, ou tannies, kommuniste,
kunstenaars, materialiste, wewenaars,
leuenaars, metal heads, orreliste, skinderbekke,
kerkmense, kerkloses, gewone mense . . .
alle sondaars welkom
Lees meer op my Blog: Anderkant die Doringdraad
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise

Thursday Mar 19, 2020
Anna Emm en die magic van stories
Thursday Mar 19, 2020
Thursday Mar 19, 2020
"Ek glo in die krag van stories. Ek glo dat ‘n goeie storie kan inspireer, motiveer, aktiveer en genees soos geen ander medium op aarde nie," sê Anna Emm. Sy het 'n hordes boeke geskryf en sy boks . . . Hier is 'n link na haar eie Podcast waar sy tips gee vir nuwe skrywers: In The Meantime

Wednesday Mar 04, 2020
Jaco Strydom gesels met Bouwer Bosch
Wednesday Mar 04, 2020
Wednesday Mar 04, 2020
Ons praat oor freaken alles! Die nuwe album, sy kinderjare, donker tye, hate mail, happy tye, die keer toe hy kwaad geword het, Suid-Afrika, Steve Hofmeyr, Steve Biko, onderwysers, vakansie, #Politees, die toekoms . . .
Links:

Wednesday Mar 04, 2020
A conversation with Leonard Sweet - Jaco Strydom
Wednesday Mar 04, 2020
Wednesday Mar 04, 2020
― Leonard Sweet

Wednesday Feb 19, 2020
Jaco Strydom gesels met Tom Smith
Wednesday Feb 19, 2020
Wednesday Feb 19, 2020
'n Chat met Tom Smith wat Raw Spirituality geskryf het, oor Suid-Afrika en rykdom en armoede en die sondes van kerkmense en sy eie persoonlike worstelinge en dinge wat hom opgewonde maak en sy terugkeer na die NG Kerk . . . Meer wat Tom doen: www.rhythmoflife.co.za
Links
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise,
My Blog: Anderkant die Doringdraad,

Monday Feb 17, 2020
Jaco Strydom gesels met Regter Eberhard Bertelsmann
Monday Feb 17, 2020
Monday Feb 17, 2020
Regter Eberhard Bertelsmann vertel sy storie. Sy moeilikheid met die veiligheidspolisie as student in Stellenbosch in die laat 1960's, die aanslae op sy lewe, die sake waarby hy betrokke was - die Dawid Webster saak, sy verdediging van die Vrye Weekblad . . . Sy ontnugtering met die destydse Nasionale Party-regering en sy frustrasies met die ANC-regering vandag. Hy vertel van die donkerste oomblikke in sy lewe, sy persoonlike worsteling met verslawing, sy tyd in 'n rehabilitasiesentrum en 'n gebeurtenis wat sy hele lewe verander het. Ons praat oor die uitdagings in Suid-Afrika vandag: SAL, Eskom, die onderwys . . . en oor die rol wat die kerk veronderstel is om te speel in 'n land soos die.
Links:
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise,
My Blog:Anderkant die Doringdraad,
Kontak ons:

Monday Feb 10, 2020
Aubrey Thompson se storie
Monday Feb 10, 2020
Monday Feb 10, 2020
Ek gesels met Aubrey Thompson, terwyl hy besig is om 'n baby shower te reël, hy was voorheen op tik en in die tronk (onder andere . . .) sy verhaal kan jou weer laat glo dat verandering moontlik is - dat dit nooit te laat is vir 'n nuwe begin nie.
Artikel met foto's in Kerkbode
Link:
Borg 'n bed in een van ons Echo-huise
